Skerp afname in Covid-toetsing in China

China se Nasionale Gesondheidskommissie het sy daaglikse verslae oor Covid-19 verminder weens die skerp afname in toetsing. Hierdie uitdaging volg namate die Asiese land sy beleid van geen-Covid-gevalle verslap het. Die Chinese regering het sy maatreëls teen die virus verlig nadat die daaglikse gevalle rekordhoogtes bereik het. Die kommissie sê hy het opgehou om daaglikse syfers oor die aantal a-simptomatiese Covid-gevalle uit te reik. Die enigste syfers wat hy nou sal publiseer is die bevestigde gevalle wat in openbare toetssentrums opgespoor is.