Sokker: Ingewortelde wangedrag in VSA se vroueliga

Sokker: ‘n Tweede verslag wys daarop dat wangedrag steeds in meer as die helfte van die top-spanne in die Amerika se nasionale vroueliga voorkom. Die verslag volg ná die aanwysing van ’n gesamentlike ondersoekeenheid vir die liga en sy spelers-vereniging. Die bevindinge stem grootliks ooreen met dié van nóg ‘n onafhanklike ondersoek wat in Oktober getoon het emosionele mishandeling en seksuele wangedrag is ingewortel in die sport. Dit het ‘n uitwerking op verskeie spanne, afrigters en spelers. Een van ses aanbevelings in die verslag is ‘n strenger beleid teen teistering.