ActionSA verwelkom klopjag op Thembisa-hospitaal

ActionSA in Gauteng het die Valke se soek-en-beslagleggings-operasie by die Tembisa-hospitaal in Ekurhuleni verwelkom. Dit volg nadat onregmatige kontrakte van 850 miljoen Suid-Afrikaanse rand onthul is. Die party verwelkom ook die tugoptrede teen die hospitaal se geskorste uitvoerende hoof, Ashley Mthunzi, en die provinsiale gesondheidsdepartement se finansiële hoof, Lerato Madyo. Bongani Baloyi van ActionSA sê dis kommerwekkend dat daar meer as 400 dae na die moord op die fluitjieblaser, Babita Deokaran, eers opgetree is.