Skep spesiale howe vir oproeriges

Die president van ActionSA, Herman Mashaba, het ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa gedoen om spesiale howe te skep vir die verhoor van sake van geweld en wetteloosheid in Gauteng en KwaZulu-Natal. ‘n Totaal van 166 verdagtes is tydens oproer in KwaZulu-Natal en 323 in Gauteng in hegtenis geneem. Mashaba sê alle vredeliewende en wetsgehoorsame Suid-Afrikaners is bang want ‘n klein persentasie opportunistiese misdadigers hou die res van die land as gyselaars aan: