Erongo werk onverpoosd om toerisme te herstel

Met die erge ekonomiese impak weens die Covid-pandemie, werk leiers in verskillende posisies onverpoosd om verskeie sektore van die ekonomie te laat herleef. Een van die sektore wat die hardste getref is, is die toerismebedryf. Die Erongo-streek is een van die streke wat talle toeriste lok. Die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die streek kyk na verskeie maniere om die situasie te stabiliseer.