Rekord hittegolf, brande in VSA

Terwyl Namibiërs bibber ervaar die weste dele van die VSA rekord-temperature. Brandbestryders in Amerika sukkel om verwoestende veldbrande in Kalifornië te bestry terwyl temperature tot bo 50 grade Celsius styg. Groot dele van die weste van Amerika beleef sedert die naweek uiters hoë temperature en in Death Valley was dit Vrydag 54 grade. Daar word berig dat dit die hoogste temperatuur in meer as 100 jaar is. Paaie moes gesluit word weens die brand op die grens met Nevada terwyl ‘n vernietigende droogte ook in die gebied heers.