Skenk aandag aan skoolinfrastruktuur: Equal Education

Equal Education het ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om aandag te skenk aan die agterstande in skoolinfrastruktuur. Mahfouz Raffee van die organisasie sê dit is in ooreenstemming met president Cyril Ramaphosa wat tydens sy staatsrede beklemtoon het onderwys moet ‘n instrument word om gelykheid te skep. Rafee sê die regering het nie in die verlede sy beloftes oor hierdie aangeleentheid nagekom nie.