Geingob word op 25 Februarie begrawe

Die inligting-ministerie se uitvoerende direkteur, Audrin Mathe, het ‘n opdatering gegee van die begrafnisreëlings vir president Hage Geingob. Die gedenkdiens sal op Saterdag, 24 Februarie gehou word, en hy sal op Sondag, 25 Februarie begrawe word. Die Sondag sal ‘n openbare vakansiedag wees, en dus ook Maandag, 26 Februarie. Geen gedenkdienste sal meer by Geingob se woning, Casa Rosalia, gehou word nie en die publiek word versoek om nie daar te vergader nie. Daaglikse gedenkdienste sal Maandag en Dinsdag by die Windhoek skougronde gehou word. Vanaf Woensdag tot Vrydag sal die dienste by die Namcol sentrum in Katutura gehou word, van 6-uur tot 8-uur elke aand.