Withuis verwerp Trump se stellings oor Navo

Die Withuis het opmerkings deur die voormalige Amerikaanse president Donald Trump oor die beskerming van Navo-bondgenote teen ‘n moontlike Russiese inval, verwerp as “afgryslik en onheilspellend.” Trump het by ‘n politieke saamtrek in Suid-Carolina gesê hy sal nie lidlande beskerm wat agterstallig is met hulle Navo-fooie nie. Volgens Trump sal hy in so ‘n geval vir Rusland sê om te doen wat hulle wil. Andrew Bates, woordvoerder van die Withuis, het oor Trump se opmerkings gesê: “Om invalle van ons naaste bondgenote deur moorddadige regimes aan te moedig, is afgryslik en ongeskik – en dit stel Amerikaanse nasionale veiligheid, globale stabiliteit en ons ekonomie tuis in gevaar.”