Skande dat SSC nie aftreefondse aanbied nie – kenner

Met die pogings van die Namibia Building Workers Pension Fund om konstruksiewerkers aan te moedig om pensioenfondse te verkry, is die kwessie weer opnuut in die nuus. Die meerderheid van Namibiese werkers kan nie ‘n privaat pensioenfonds bekostig nie wat aftrede baie uitdagend maak en die las op die staat plaas. Die Namibiese arbeidskenner Herbert Jauch sê dit is ‘n skreiende skande dat die Namibiese regering en die Maatskaplike Voorsorgkommissie geen stappe in die verband geneem het sedert onafhanklikheid nie.