Windhoek Medical University sê akkreditasie vat baie lank

Die Windhoek Medical University, wat in die nuus is met die aankondiging deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van Namibië dat hy nie kennis dra van die instansie nie, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy is steeds besig met akkreditasie. Die raad het die publiek gewaarsku teen registrasie by instellings of gesondheidsorgverwante kursusse wat nie deur hom erken word nie. Die universiteit adverteer kursusse op sosiale media. Monica Bondo, van die Windhoek Medical University, sê die proses om akkreditasie te kry vat heelwat langer as verwag.