Kleinsake kry swaarste met beurtkrag

Die Stad Kaapstad sê voortslepende kragonderbrekings bied steeds reuse-uitdagings, veral vir klein sakeondernemings wat wil munt slaan uit die bemoedigende toeristegetalle in die stad. Die land loop tans deur onder fase ses-beurtkrag wat vir ‘n onbepaalde tyd ingestel is. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê talle groter sakeondernemings in die toerisme- en ander sektore kan die uitwerking van beurtkrag bekamp deur hernubare energie of die gebruik van kragopwekkers: