Geen verhoging vir Namibiese staatsamptenare

Die Namibiese regering gaan geen verhoging aan sy staatsamptenare toestaan nie. Dit volg ná onderhandelinge vandag tussen die arbeidsministerie en vakbonde. Die arbeidsminister Utoni Nujoma het vandag by die inligtingsentrum gesê die regering het ‘n aanbod aan die vakbonde gemaak en hulle het dit van die hand gewys.

Nujoma het verder gesê die regering het die beste aanbod gegee met inagneming van die moeilike ekonomiese tye…

Meer as 100 000 staatsamptenare stem Donderdag en Vrydag oor ‘n landswye staking.