Skaapbemarking vertoon baie beter in Julie

Agribank sê daar was ‘n toename in bemarkingsyfers vir skaap in Julie vanjaar. Daar was 100 persent meer diere gedurende die maand bemark, met net meer as 53 000 diere teenoor die amper 26 500 in Julie verlede jaar. Agribank sê die syfers sal verder verbeter wanneer die Farmers Meat Market-abattoir in Mariental in September 2022 heropen. Dit is ‘n projek wat deur Hartlief gedryf word. Skaap-uitvoere het ook verbeter met meer as 42 000 diere wat op die hoef uitgevoer is teenoor net meer as 26 000 verlede jaar. Plaaslike skaap verslagting het met 10 persent gegroei met 10 197 diere wat in Julie 2022 aangeteken is.