Landelike jeug kort ondersteuning – finansieel en van plaaslike owerhede

Die finansiële stryd in Namibië is iets wat deur almal gevoel kan word, maar soveel meer in landelike gemeenskappe, volgens Ileni Nandjato, ‘n boer in die Oshikoto-streek. Nandjato is van mening dat landelike gemeenskappe, veral jongmense met sake-ambisies, swaarkry omdat daar ‘n gebrek aan ondersteuning van die plaaslike owerhede en die ministerie van plaaslike regering is. Nandjato sê vir jongmense om hul besighede te laat groei, is daar ‘n behoefte aan finansiële geletterdheid deur hierdie mense te leer om verantwoordelike leners te wees, sodat hulle kredietwaardig kan wees. Nandjato praat met Kosmos 94.1 Nuus.