Skaapbedryf vertoon beter in derde kwartaal

Skaapbemarking in Namibië het baie goed in die derde kwartaal van die jaar vertoon met amper 460 000 diere wat bemark is, ‘n toename van net meer as 38 persent. Volgens die Vleisraad is die groei ondersteun deur volgehoue uitvoere op die hoef in elke kwartaal van die jaar. Uitvoer-abattoirs het ‘n toename van 695 persent deurset aangeteken vergeleke met die uiters swak prestasie wat in 2021 aangeteken is.  Produsente het steeds meer diere uitgevoer, 77 persent, as wat plaaslik geslag is.