Kanime sê Windhoek se misdaadrisiko is onregverdig

Die hoof van die Windhoek Stadspolisie Abraham Kanime het gereageer op die jongste Numbeo-verslag dat Windhoek 35ste uit 453 stede geplaas vir misdaadrisiko. Die stad het ‘n veiligheidsindeks van 31,36 uit 100. Die gevaarlikste stad in die wêreld is Caracas in Venezula met ‘n veiligheidsindeks van 16,02. Windhoek is gevaarliker as Damascus in Sirië, wat 39ste geplaas is en selfs Baghdad, wat 91ste geplaas is. Die veiligste stad in die wêreld is Abu Dhabi met ‘n veiligheidsindeks van 88,33. Kanime sê die vergelykings is nie regverdig nie.