Sjimpansees val gorillas aan

Navorsers het vir die eerste keer dodelike sjimpansee-aanvalle op gorillas in die natuur waargeneem. Die bevindings is in die joernaal, Nature, gepubliseer nadat kenners aan die Osnabrück Universiteit en die Max Planck Instituut vir Evolusionêre Antropologie in Duitsland die spesie waargeneem het by die Loango Nasionale Park in Gaboen. In een voorval het sjimpansees ‘n groep gorillas teëgekom, en alhoewel die silwerrug- en volwasse wyfies kon ontsnap, het twee babas gevrek. Die westelike laaglandgorilla en sjimpansees is bedreigde spesies.