Sitrusbedryf sê KwaZulu-Natalse hawe weer in bedryf

Die sitrusbedryf in Suid-Afrika sê die situasie by die belangrikste KwaZulu-Natalse hawe in eThekwini het verbeter en Transnet se hawe-terminale is weer ten volle in bedryf. Die uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging, Justin Chadwick, sê werkers in die Durban-gebied kan ook weer begin werk. Hy sê tydsensitiewe vrugte uit Limpopo is herlei na die Kaapstadse hawe. Hy verwag dat sekerheid in die hele verskaffingsketting binne die volgende week sal verbeter.