Magriete Wilhelm gaan môre vir borgtog op Otavi aansoek doen

Die amptelike borgtog-aansoek van die Grootfontein-boerin, Magriete Wilhelm, vind môre in die Otavi-landdroshof plaas, het haar regsverteenwoordiger, Jan Wessels, bevestig. Die Suid-Afrikaanse vakbond Solidariteit, sowel as die Namibiese gemeenskap het fondse vir haar ingesamel om haar regskostes te betaal. Die 65-jarige Wilhelm is reeds op 16 Maart in hegtenis geneem na die dood van die 31-jarige Sakaria Kaandje wat drie keer in die kop geskiet is toe hy buite haar huis op haar plaas Fokshof, 100 kilometer buite Grootfontein, deur haar aangetref is. Wessels verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.