Sitrus-boere gooi miljoene suurlemoene en lemoene weg

Die Sitruskwekersvereniging van Suid-Afrika sê hy het kennis geneem van die video van ‘n Oos-Kaapse boer wat miljoene suurlemoene en lemoene van voergraad in ‘n oop stuk veld buite Patensie stort. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Justin Chadwick, sê dit is nie ongewoon vir sitrusprodusente om vrugte te stort wat nie geskik is vir menslike gebruik nie. Volgens hom onderhandel AgriSA met Standard Bank oor ‘n skema om vrugte by boere te koop wat dit nie elders kan verkoop nie en dit dan na gemeenskappe in nood te herlei.