Leeuwyfie byt man in Accra-dieretuin dood

‘n Leeu by Ghana se Accra-dieretuin het ‘n man verskeur nadat hy die leeu se kamp betree het. Veiligheidswagte op patrollie het gesien hoe die man oor die heining van die kamp, waar ‘n leeuwyfie met twee welpies aangehou is, geklim het. Die leeuwyfie het hom aangeval en hy is dood. Owerhede sê dit is nie duidelik hoekom hy die leeukamp betree het nie. Die wyfie is nie van kant gemaak nie. Leeus is die gewildste diere by Accra se dieretuin.