Sistemiese rassisme kort sistemiese reaksie

Die wêreldwye mobilisering van voorstanders van rasse-geregtigheid het die debat verskuif na instellings wat rassisme steeds toelaat. Dit is volgens ‘n verslag deur die Verenigde Nasies se Menseregtekomitee. Die verslag het opvallende ooreenkomste gevind in sy studie van sterftes weens polisie-optrede in verskillende lande, onder meer ten opsigte van struikelblokke vir families om toegang tot die regstelsel te kry. Die VN se hoëkommissaris vir menseregte, Michelle Bachelet, sê sistemiese rassisme verg ‘n sistemiese reaksie: