Agt sterf aan malariaMay 18, 2025

Altesaam 5 921 mense het van 5 tot 11 Mei malaria gehad, waarvan 555 nuwe gevalle is. Agt sterftes is in totaal is in die Rundu-, Nkurenkuru-, Oshakati- en Outapi-distrikte aangemeld, toon die jongste data van die gesondheidsministerie. Die meeste malaria het in Katima Mulilo voorgekom, gevolg deur Nkurenkuru, Andara, Outapi en Nyangana. Volgens die ministerie was die aantal malaria-gevalle in die week onder oorsig minder as die vorige week.