Rusland brand los op OekraïneMay 18, 2025

Rusland het die grootste nóg hommeltuigaanval op Oekraïne sedert die begin van die oorlog in 2022 geloods. Vanoggend is 273 hommeltuie op die sentrale en oostelike gebiede van Oekraïne afgevuur. Die jongste aanval volg ná onderhandelinge vir ‘n skietstilstand Vrydag misluk het. Amerika se president Donlad Trump het gesê hy sal môre met Rusland se president Vladimir Putin en Oekraïne se president Volodymyr Zelensky praat.