Sirië: 29 mense is dood ná cholera-uitbreking

Die ministerie van gesondheid in Sirië het bevestig 29 mense is dood na ‘n cholera-uitbreking in verskeie streke. Die Verenigde Nasies sê dit is die ergste uitbreking in jare in dié oorloggeteisterde land. Die VN sê die uitbreking is vermoedelik weens die besproeiing van gewasse met besmette water en mense wat onveilige water uit die Eufraatrivier drink. Die ministerie sê 338 gevalle is tot dusver bevestig. Die meeste van die gevalle en sterftes is in die noordelike provinsie Aleppo.