Net een verandering aan tennis se top-10 

Tennis: Die jongste top-tien van die wêreldranglys vir mans toon net een verandering, met die Italianer, Jannik Sinner, wat die Poolse speler, Hubert Hurkacz, in die tiende posisie vervang. Die Spanjaard, Carlos Alcaraz, is steeds nommer een, gevolg deur Casper Ruud van Noorweë en nog ‘n Spanjaard, Rafael Nadal. Daniil Medvedev van Rusland is in die vierde plek, gevolg deur die Duitser, Alexander Zverev. Alcaraz en Nadal is die enigste twee spelers wat reeds hul deelname aan die ATP-jaareind-toernooi in November in Turyn, Italië, verseker het.