Nasionale Tesourie: Werkers kan persentasie van aftreefondse kry

Cosatu se president, Zingiswa Losi, het bevestig die Nasionale Tesourie het ingestem dat werkers toegang kan kry tot ‘n persentasie van hul aftreefondse. Sy het vandag Cosatu se 14de Nasionale Kongres in Midrand toegespreek. Losi sê die parlement sal dit volgende jaar deurvoer en die vakbond sal druk oefen dat dit op die laatste teen Oktober volgende jaar in werking tree: