Sioka kap terug

Die Namibiese Minister van Geslagsgelykheid Doreen Sioka het in ‘n verklaring gesê haar ministerie het wel plekke van veiligheid geskep vir kinders. Die verklaring kom nadat die Ombudsman John Walters ‘n klag van minagting van die hof teen haar gelê het. Volgens Sioka is die fasiliteite daar vir kinders in Korrektiewe Dienste maar sal nie benut word vir verhoorafwagtende kinders of kinders wat reeds tronkstraf uitdien nie. Sy sê haar ministerie werk saam met die Ministerie van Veiligheid en Sekuriteit in die verband. Die bevel wat Walters bekom het gee opdrag aan Sioka om kinder-vriendelike aanhouding sentrums te skep.