Nampa loop teen verlies

Die Namibiese Nuusagentskap Nampa, het ‘n verlies van net minder as 7,7 miljoen Namibiese doller in die 2018-2019 finansiële jaar aangeteken. Volgens die Ouditeur-Generaal Junias Kandjeke het sy twyfel uitgespreek oor of Nampa wel as ‘n besigheid bedryf kan word omdat hy nie genoeg inkomste het nie en staatmaak op befondsing van die regering. Nampa se befondsing is ook gesny en in die 2018-2019 het die maatskappy net 15 miljoen doller ontvang teenoor 22 miljoen in die vorige jaar. Nampa het 3,7 miljoen doller in inskrywings op sy nuusdiens verdien. Nes die NBC is Nampa as nie-kommersiële entiteit geklassifiseer.