Singapoer staan oues met demensie by 

Singapoer het ‘n demensie-vriendelike plan ontwerp vir twee gebiede in die Asiatiese stad-staat wat uitgewys is as woonbuurte met ‘n ouerwordende bevolking. Die projek behels ‘n stelsel wat ouer inwoners en demensielyers help om veilig en onafhanklik in hulle woonbuurte rond te beweeg. Kleur en simbole word gebruik om sekere gebiede af te baken en daar is ‘n naambordstelsel wat dit maklik maak om gebiede te herken. GoodNewsNetwork berig daar is ook vergrote grafiese mure en naamborde op pilare wat inwoners help om hulle weg te vind.