Lekker om Namibiese veterane op die krieketveld te hê 

Namibië se veterane neem op die oomblik deel aan die Wêreld Meesterskrieket-toernooi wat tot 10 Oktober in Kaapstad aan die gang is. Namibië het ‘n gedugte span van senior spelers, almal oor 50. Volgens Johan Muller, Krieket Namibië se hoof uitvoerende beampte, is dit verblydend dat almal nog deel is van die spel.