Gawanas verduidelik ‘dubbele’ vervoertoelaag

Windhoek-burgemeester Sade Gawanas het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die herrie wat los is rondom haar vervoertoelaag. Werknemers en raadslede van die stad beskuldig haar dat sy ‘n dubbele toelaag ontvang. Volgens wat berig word, gebruik sy die drie amptelike voertuie wat aan Stad Windhoek behoort, met ‘n drywer en sekuriteit, maar sy ontvang steeds 9 500 Namibiese dollar maandeliks in ‘n vervoertoelaag.