Simonis Storm sê dit lyk of inflasie sy piek bereik het

Daar is moontlik goeie nuus vir verbruikers indien die makelaarsfirma Simonis Storm se analise korrek is. Volgens die maatskappy wil dit voorkom of inflasie sy piek bereik het. Volgens die maatskappy was daar verwag dat inflasie in September 2022 ‘n hoogtepunt sou bereik het, maar vroeë aanduidings toon dat inflasie in Augustus reeds ‘n hoogtepunt kon bereik het. Die verbruikersprysmandjie het 12 hoofkategorieë – en binne daardie kategorieë is daar 65 verskillende produk-subkategorieë en 40 persent van hulle het reeds gedaal wat moontlik ‘n aanduiding is dat inflasie vorentoe ‘n afwaartse neiging kan begin toon.