Nghipunya hoor (dalk) vandag oor borg

Na die saak op 29 September tot vandag toe uitgestel is, sal regters Thomas Masuku, Esi Schimming-Chase en Herman January na verwagting vandag uitspraak lewer in wat beskryf word as die lang-draai borgaansoek van Fishrot-beskuldigde en voormalige Fishcor-baas Mike Nghipunya. Dit volg na die regterpresident Petrus Damaseb einde Oktober verlede jaar beslis het dat Nghipunya deur drie regters aangehoor moet word. Dit was nodig omdat die aansoek op die Grondwet gebaseer is. Die kern van Nghipunya se aansoek is dat die bepaling van die strafwet wat sê verdagtes kan aangehou word in aanloop tot hulle verhoor, teenstrydig is met artikel 25 van die Grondwet. Hy vra die hof om hom op die Grondwet te wend, en hom dus op borg vry te laat. Die uitspraak word om tien-uur verwag.