Simmentaler Namibië trots op Bianca Lueese

Simmentaler Namibië is trots op Bianca Lueesse, die dogter van die legendariese Simmentaler stoetboer, Reini Rusch, wat die gesogte en vlagskip toekenning as Breedplan en Landbouweekblad se Suider-Afrikaanse Stoetteler van Jaar by Aldam in die buurland ontvang het. Lueesse boer nie net met Simmentalers nie maar het ook ‘n Brahmanstoet en trofeewild op die familile-plaas Lichtenstein-West in die Khomas Hochland. Lueesse het die hoogste meting verwerf, vyf sterre vir beide stoete. Die president van Simmentaler Namibië, Stephan Voigts sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is ‘n groot eer vir Namibië.