Nederlandse kroonprinses verlaat studenteverblyf weens veiligheidsredes 

Die Nederlandse kroonprinses, Catharina-Amalia, het om veiligheidsredes uitgetrek uit haar studenteverblyf in Amsterdam. Die 18-jarige het verlede maand haar tersiêre studies in politiek en ekonomie aan die Universiteit van Amsterdam begin, maar is gedwing om haar woonplek te verlaat en na die koninklike paleis in Den Haag terug te keer. Koningin Maxima sê haar dogter is tans onder verhoogde bewaking weens vrese dat sy aangeval of ontvoer kan word. Sy sê daar bestaan geen studentelewe vir die troonopvolger nie.