Streekskragverpreiders verloor kliënte weens hoë kragpryse

Streeks-elektrisiteitsverspreiders in Namibië het hulle kommer uitgespreek oor die toenemende verlies aan kliënte as gevolg van hoë tariewe. Volgens plaaslike berigte wil hulle hê die regering moet tariewe verlaag omdat kliënte hulle eie oplossings vir elektrisiteitsvoorsiening vind. Hulle sê hulle inkomstes het skerp gedaal. Die uitvoerende hoof van Oshakati Premier Electric, Nelson Sheya, sê meeste van hul kliënte het reeds sonpanele by hul wonings en besighede opgerig. Robert Kahimise van Cenored stem saam. In sy mening het elektrisiteit onbekostigbaar geraak en die saak moet aangespreek word.