Sikloon Yaas volg in Tauktae se spoor

Sikloon Yaas, wat Indië se ooskus vandag met rukwinde van tot 155 kilometer per uur getref het, het reeds nege lewens geëis. Dit volg skaars ‘n week ná sikloon Tauktae tot die dood van 155 mense aan die weskus gelei het. Yaas het nog duisende dakloos gelaat, volgens internasionale nuusagentskappe.