Pasop wat jy op sosiale media plaas

Vier studente in Frankryk is beveel om bykans 17 000 Namibiese dollar in skadevergoeding en rente asook regskoste te betaal na hulle skuldig bevind is vir die publikasie van teen-Asiatiese boodskappe op Twitter. Die twiets lui dat Chinese mense verantwoordelik is vir die verspreiding van Covid-19. ‘n Vyfde persoon is ook aangekla maar is vrygespreek. ‘n Regsverteenwoordiger en ‘n klaer in die saak, Loc Sam, het gesê die verhoor het die aandag gevestig op die kwessie dat boodskappe soos dié moet ophou.