Sierra Leone aanvaar wetsontwerp oor geslagsregte in mynbedryf

Sierra Leone se parlement het ‘n wetsontwerp aanvaar om die mynbedryf te reguleer. Volgens berigte gee die wetsontwerp aandag aan geslagsregte om die omstandighede van vroulike mynwerkers in die land te verbeter. Dit volg nadat voorspraak-groepe vir vroueregte druk uitgeoefen het vir verandering, om gelykheid in die mynbedryf in Sierra Leone mee te bring. Die land se president sal die wetsontwerp na verwagting binne die volgende paar weke bekragtig.