EFF verwelkom hof se uitspraak oor Skiet die boer-lied

Die EFF het die gelykheidshof in Johannesburg se uitspraak verwelkom teen AfriForum se aansoek om teen die party op te tree oor die sing van die lied “Skiet die boer”. Die EFF se woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, sê regter Edwin Molahlehi het bevind AfriForum kon nie bewys die woorde van die lied oortree die Wet op Gelykheid, of dui op ‘n duidelike bedoeling om skade aan te rig of aan te hits nie.