Proteas kolf eerste teen Engeland

Krieket: Die Proteas se kaptein, Dean Elgar, het weer die loot gewen, maar dié keer besluit om eerste te kolf in die tweede toets teen Engeland op Old Trafford in Manchester. Suid-Afrika het besluit om twee draaiboulers te kies, dus sal Simon Harmer en Keshav Maharaj speel en die veelsydige Marco Jansen word uitgelaat. Die Proteas het die openingstoets op Lord’s met ‘n beurt en 12 lopies gewen vir ‘n voorsprong van 1-0 in die reeks van drie toetse. Elgar sê sy span is honger vir nog sukses.