Sien? Oefening kan jou lewe red!

Danksy ‘n aanlyn-fiksheidsessie op Zoom is drie verdagtes op kamera vasgevang en op Swakopmund in hegtenis geneem. Gisteroggend omstreeks agt-uur het mans ‘n huis in Agapanthusstraat in die Ocean View-woonbuurt op Swakopmund ingegaan om glo te steel. Na bewering het die verdagtes die bejaarde inwoners van die huis, Riaan Booysen en Elizabeth Rossouw, met ‘n panga en ‘n mes aangehou en geld geëis. Die verdagtes verskyn vandag in die hof op ‘n klag van roof met verswarende omstandighede, het Nampol se streeksbevelvoerder in die Erongo-streek, inspekteur Ileni Shapumba aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig.