Ernstige tekorte aan bloedvoorraad

Die Namibiese gesondheidsministerie het ‘n dringende versoek aan die publiek gerig om bloed te skenk. Weens Covid-maatreëls en die sluiting van skole en universiteite, was die Bloedoortappingsdiens van Namibië genoodsaak om gereeld skenkingsveldtogte te staak. Dit het gelei tot 50% minder bloedskenkings. Die ministerie het bevestig dit is veilig om bloed te skenk en alle Covid-maatreëls word gevolg. Titus Shivute van die Bloedoortappingsdiens doen ‘n beroep op alle Namibiërs om bloed te skenk. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.