Pandor kom vandag aan

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, kom vanmiddag in Namibië aan om politieke en diplomatieke konsultasies tussen Namibië en Suid-Afrika te hê, het die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge in ‘n mediaverklaring bevestig. Pandor sou gister reeds Namibië toe gekom het, maar haar besoek is weens die onluste in Suid-Afrika tot vandag uitgestel.