Siberiese tier nog nie van kant gemaak

Die Oos-Kaapse departement van omgewingsake het met ‘n ondersoek begin om vas te stel of ‘n Siberiese tier wat ‘n man doodgemaak het, van kant gemaak moet word. Die voorval het in die Seaview-roofdierpark in Gqeberha plaasgevind. Die tier het ‘n werknemer van die park, David Siphiwo Solomon, aangeval en doodgemaak deur sy nek te breek. Volgens die bestuur het die tier, genaamd Jasper, daarna na ‘n ander hok beweeg waar hy nog ‘n Siberiese tier genaamd Judah verskeur het.