SA onderwysers kan volgende week ingeënt word

Suid-Afrikaanse onderwysers kan nou daarna uitsien om tot so vroeg as volgende week reeds hul Covid-19-inenting te ontvang. Die land se gesondheidsdepartement het vroeër aangekondig dat die 300 000 Johnson & Johnson entstowwe, wat uit die VSA verwag was, in die land aangekom het. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is aan die woord.