Shoprite, Gift of the Givers staan hospitale by met water

‘n Kleinhandelaar in Suid-Afrika het gehoor gegee aan die humanitêre organisasie, Gift of the Givers, se oproep om hulp te verleen met die waterkrisis wat Johannesburgse hospitale tans lamlê. Dit stel kliënte in staat om direk by te dra tot die organisasie se werk op grondvlak. ‘n Woordvoerder sê hulle sal donasies aan die Act for Change-fonds wat by kasregisters geskenk kan word, gebruik vir die organisasie se werk by die hospitale wat geraak word. Die Shoprite-groep sal terselfdertyd 2 000-liter gebottelde water aan hospitale skenk.