Inentings vorder in Otjozondjupa

Inentings vorder stadig in Namibië en daar is kommer oor weerstand teen die entstowwe en die uiteindelike impak op plaaslike Covid-syfers en die buiteland se waarskuwings wat in die verband uitgereik kan word. In Otjozondjupa vorder dit ook stadig en die goewerneur James Uerikua het die jongste so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.